Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie

Deel op

Daar is op 30 munisipale voertuie van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit in Mafikeng beslag gelê deur die balju van die Noordwes hooggeregshof.

Die munisipaliteit skuld diensverskaffers miljoene rand.

Die beslaglegging volg nadat twee kontrakteurs regstappe gedoen het teen die munisipaliteit weens sy versuim om te betaal vir dienste wat gelewer is.

Die munisipaliteit is verlede jaar onder administrasie geplaas en die raad is ontbind weens sy onvermoë om dienste te lewer.

Die waarnemende munisipale bestuurder Kumaran Nair sê na raming benodig die munisipaliteit reeds minstens 120 miljoen rand om sy agterstallige skuld te vereffen, en die bedrag styg steeds.

Die distrik is saamgestel uit vier plaaslike munisipaliteite wat Mahikeng, Ramotshere Moiloa, Tswaing, Ditsobotla en Ratlou plaaslike munisipaliteite insluit.

Die Distriksmunisipaliteit is ‘n uitvoerende tipe met 37 raadslede, insluitende ‘n Uitvoerende Burgemeester, komitee, Speaker en Raadskomitees.

Korrupsie, wanbestuur en bedrog het die provinsiale regering genoop om verlede jaar dringend in te gryp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.