Wie het Zuma probeer vergiftig?

Deel op

President Jacob Zuma se kantoor het ‘n Sunday Times-berig dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom vergiftig het, as skinderpraatjies afgemaak.

Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, sê die berig is gebaseer op totale spekulasie en skinderpraatjies en hy sal nie kommentaar lewer daarop nie.
 
Die Sunday Times het berig dat drie “anonieme bronne” bevestig het dat Zuma siek was en in Junie verlede jaar in die hospitaal opgeneem is.
 
Tydens ‘n besoek aan die VSA twee maande later het hy ontdek dat hy vergiftig is. Die diagnose is glo bevestig deur die Russiese dokters in Augustus nadat die president agterdogtig was oor die Amerikaners se diagnose.

Ntuli-Zuma het die president op sy Augustus-reis na die VSA vergesel, maar het Kersfees en Oujaarsaand alleen in haar huis in Nkandla deurgebring.

Spekulasie oor die egpaar se gespanne verhouding is al vir maande ryp, en is verder verlede week aangevuur deur haar afwesigheid by Zuma se staatsrede.
 
Die koerant berig dat Ntuli-Zuma in Januarie uit Nkandla getrek het en nou in Durban met haar drie kinders woon.

Sy is steeds geregtig op voordele uit die presidensie omdat sy en Zuma nie geskei is nie.
 
Zuma se broer, Michael, het bevestig dat Ntuli-Zuma “nie lank gelede nie” uitgetrek het.

Die direkte skakel tussen Ntuli-Zuma en ‘n gifkomplot kon egter nie finaal vasgestel word nie.

Berigte dat sy ‘n buite-egtelike verhouding gehad het, het ‘n paar jaar gelede opgeduik, maar is nie afdoende bewys van die aanslag nie.

Zuma, as die voormalige hoof van ANC-intelligensie in ballingskap, glo dat net iemand in sy binnekring toegang tot sy kos kon gehad het.

Gedurende die 10 dae tussen 7 en Junie 17 Junie sou Zuma na Brasilië reis vir die opening van die Wêreldbeker-sokkertoernooi en die amptelike oorhandiging omdat Suid-Afrika die vorige gasheer in 2010 was.

Maar Zuma was so siek gedurende daardie tydperk dat hy verward en onsamehangend geraak het.

Kort na Zuma se terugkeer, het hy sy persoonlike geneesheer, dr Harold Adams, afgedank vir versuim om die regte diagnose te maak, volgens twee onafhanklike bronne.

Adams, ‘n bruinman, het hierdie week ontken dat hy afgedank is, en sê dat hy tyd nodig het om verder te studeer.

Butana Komphela het voorheen Adams se rol in die Caster Semenya-sage gekritiseer, en hom beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die uitlek Semenya se toetsuitslae aan die media.

“Waar is die Adams? Hy is die mees gevaarlike persoon wat ek nog gesien het in my lewe, wat ander mense se inligting uitlek. Ons moet na die raad waar hy geregistreer is gaan en hierdie kwessie met hulle opneem.”

Komphela het toe gesê Adams behoort nie naby die president toegelaat te word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.