Mosambiekse staatsamptenaar dood aangetref in Durbanse hotel

Deel op

‘n Beampte van die Mosambiekse regering is dood aangetref in ‘n hotel in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

Hy was glo werksaam by die Mosambiekse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling. Hy het ‘n konferensie in Durban bygewoon.

“Hy is dood aangetref in sy hotelkamer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man is in ‘n plas bloed aangetref. Daar het bloed by die man se neus en mond uitgekom.

Zwane kon nie die oorsaak van die man se dood bekend maak nie, aangesien die forensiese verslag nog nie vrygestel is nie.

Volgens die Sunday Independent het ‘n skoonmaker Donderdagoggend by die Blue Waters Hotel op die man se naakte liggaam afgekom. Hy het naby die bad in sy kamer gelê.

Die ambassade in Durban het met die man se familie in verbinding getree, het die koerant berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.