Polisieman, nog drie vas wat glo skape steel

Deel op

Terwyl president Jacob Zuma die SANW dié naweek geloof het vir hul aandeel in landelike misdaadbekamping, is nog ‘n polisiebeampte en drie ander swartes in hegtenis geneem vir veediefstal, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die konstabel en drie ander verdagtes het Vrydag in die Kenhardt-landdroshof verskyn. Die saak is tot 25 Februarie uitgestel wanneer die verdagtes om borg sal aansoek doen.

Die polisie het verlede week ‘n wenk ontvang oor moontlike veediefstal in die Kenhardt- en Keimoes-areas. Twee verdagtes, insluitend die polisiebeampte, is in hegtenis geneem nadat ‘n bakkie met ses skape agterop deur die polisie van die pad af getrek is.

Volgens Naidu het die twee ander verdagtes in ‘n VW Polo gery en van die toneel gevlug toe hulle die polisie gesien het.

Hulle is in Kakamas voorgekeer en in hegtenis geneem. “Hulle het glo die twee skape wat in die VW Polo was langs die pad afgelaai.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.