SAID het ‘ondergrondse’ eenheid bedryf

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hou vol dat die adjunk-kommissaris, Ivan Pillay en die hoof van strategiese beplanning, Peter Richer ‘n sleutelrol gespeel het in die totstandkoming van ‘n “ondergrondse” eenheid.

NUUT!

‘n SAID-woordvoerder, Luther Lebelo het gereageer op ‘n berig oor die verslag na die ondersoek na die eenheid, het RSG berig.

Volgens die berig het die verslag geen oortredings deur Pillay en Richer opgespoor nie, en ook nie enige stappe teen hulle aanbeveel nie.

Lebelo sê die SAID het ‘n onafhanklike forensiese ondersoekspan en regshulp ingeroep om die bevindings verder te ondersoek.

Op 5 Desember is Pillay en Richer geskors, te midde van bewerings van ‘n eenheid vir spesiale projekte wat glo onwettig bedryf is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.