Lyk in staatshospitaal gelos om te ontbind

Deel op

Vier personeellede van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is geskors nadat hulle die liggaam van ‘n 18-jarige meisie gelos het om te ontbind, het die departement van gesondheid Donderdag gesê.

Die departement het die afgelope paar weke vinnig opgetree teen beamptes wat na bewering die gedragskode oortree het. ‘n Dokter is glo onlangs ook met onmiddellike effek afgedank vir professionele nalatigheid.

Die vier is geskors hangende die volledige ondersoek en tugverhore.

“Dit volg na die voorlopige ondersoek oor die vervoer van die liggaam van die saal na die lykshuis en die manier waarop dit gehou is,” het Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

Die Sowetan het Donderdag berig Bacebile Mbete (18) is Vrydag by die hospitaal oorlede. Haar oupa, Raymond Zikalala (82) het gesê haar liggaam is eers Maandag, drie dae later, na die lykshuis gestuur. Teen daardie stadium het die liggaam reeds só erg ontbind dat sy nie meer herkenbaar was nie.

Die liggaam is na die hospitaal teruggestuur toe die ondernemer gesê het dit is te ver ontbind om by die lykshuis aan te hou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.