Zuma sê te veel grond in te min hande

Deel op

‘n Suikerrietboer in KwaZulu-Natal het in ‘n epos aan president Jacob Zuma gewaarsku dat die land ‘n voedselkrisis sal beleef indien die 12 000 hektaar-plafon ingestel word.

Die e-pos het daarop gewys dat 100 van die land se boere 70% van die kos produseer en indien hulle gedwing sou word om die grootte van hul plase te verminder, sal die vervaardiging halveer.

Zuma het Donderdag gesê dit is ‘n bewys dat daar te veel grond in te min hande is. “Ons doen hierdie stappe presies omdat die noodlot van te veel in die hande van te min is.”

Zuma het luide applous vir sy stelling van die ANC-lede ontvang. “Ons is deeglik bewus van die bydrae van die land se hardwerkende boere tot die ekonomie en voedselsekuriteit. Doeltreffende deelname van die voorheen uitgesluite swart meerderheid in landbou en voedselvervaardiging sal egter slegs betekenisvol plaasvind wanneer hulle toegang tot grond het en dit kan verbou.”

Dat die president se rassebeheptheid net soos in Zimbabwe tot hongersnood sal lei, is egter gewis, aangesien Suid-Afrika ten spyte van rojale onderwysbefondsing selfs na 20 jaar nie opvoeding met ‘n wetenskaplike grondslag kan lewer nie.

“Die nuwe beperkings op grondbesit in Suid-Afrika vir buitelanders, sal slegs van toepassing wees op landbougrond, het Zuma ook verklaar.

Zuma het tydens ‘n parlementêre debat oor sy staatsrede gesê die plafon van 12 000 hektaar vir grondeienaarskap sal voedselsekuriteit vooropstel.

Met verwysing na navrae oor die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit, het Zuma gesê dat die wetsontwerp slegs op landbougrond van toepassing is. “Dit het nie enige invloed op buitelanders wat woonhuise wil koop nie.”

Hy het glo ook navrae ontvang of die nuwe beleid van toepassing sal wees op multi-nasionale maatskappye, maar gesê “Multi-nasionale maatskappye sal slegs hierdeur geraak word indien hul eiendom landbougrond insluit.”

Zuma het Pieter Mulder voorts gekritiseer nadat hy Woensdag vir Zuma gewaarsku het hy “speel met vuur” deur minderhede uit te sonder, en gesê hy “baklei teen diegene wat minderhede onderdruk”.

Mulder het Zuma Woensdag van “sondebok-politiek” beskuldig om hul verlies aan lede te verduidelik. “Die agbare president sê ‘n man genaamd Jan van Riebeeck het hier aangeland, en dit was die begin van die probleme in die land. Ek kan bewys dat die president verkeerd is. Maar wat het hy in gewone taal gesê? Hy het gesê toe witmense hier aangekom het, het die probleme begin. Wat begryp gewone ANC-ondersteuners? Hulle verstaan dat indien jy ontslae raak van die witman, sal al die probleme opgelos wees. Raak ontslae van die kokkerotte en al die probleme sal iets van die verlede wees.”

Hy het aan Zuma gesê: “Jy is tans die probleem. Laat staan asseblief die sondebok-politiek. Respekteer demokratiese waardes en hou op om aan te val en om my, as ‘n Afrikaner, en ander groepe, uit te dryf.”

Die president het swart mislukkings uitsluitlik aan Europese kolonialisme in Suid-Afrika verbind en nie verwys na die konflik tussen die Khoisan en swart indringers nie. Net so word Mzilikazi se skrikbewind in die binneland ook verswyg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.