‘As Julius ‘n kakkerlak is, kan ek sê hotnot’

“As Baleka Mbete Julius Malema … ‘n kakkerlak kan noem, dan kan ek Sherri-Lynn Rigney ‘n hotnot noem.”

Dit was die reaksie van ‘n gastehuiseienaar by Langebaan, Jennifer Abrahams toe die Cape Times Woensdag navraag gedoen het oor rassistiese aanmerkings in ‘n e-pos.

Abrahams het Rigney ondermeer ‘n “tipiese Saartjie Baartman-hotnot” genoem, en gesê sy is ‘n verleentheid vir ordentlike Kleurlinge.

Om haar kommentaar te regverdig, het Abrahams Mbete se aanmerkings oor die EFF-leier Malema gebruik.

Abrahams het die Cape Times gesê: “As ek moet hof toe gaan vir die gebruik van so ‘n term, dan moet Mbete ook hof toe gaan.”

Rigney het verlede week navraag gedoen oor ‘n vakansiehuis wat geadverteer word op die webwerf Gumtree.

Na ‘n woordewisseling Sondag, het Abrahams geskryf: “Jy het geen godsdienstige respek. Tipiese Saartjie Baartman-hotnot. Sal nie jou boodskappe lees nie.

“Het jy nog voortande?” het sy voortgegaan en voorts gevra of Rigney haarself ‘n mens of ‘n bobbejaan noem.

Woensdag, het Abrahams gesê: “Ek het vir haar gesê sy is ‘n hotnot, wat geen rassistiese betekenis het nie. Sy is meer hotnot as Asiaties of Indiër. Sover ek weet, word die terme boer en hotnot nie as onwettig geklassifiseer nie.

“Ek weet hierdie dame kom uit die hotnotkultuur, ek wou weet of sy ook ‘n paar tande verwyder het soos in hotnotkultuur.

“Deur te verwys na haar as Saartjie Baartman, het ek bedoel dat sy steeds optree soos die Hottentotte van 1652.

“Sy het geen opvoeding nie. Geen ordentlike dame sal vir ‘n persoon “motherfucker” en “fuck you” sê nie.

“As ek haar in persoon te ontmoet, sal ek haar vertel dat sy ‘n 1652 Saartjie Baartman-hotnot is wat in ‘n sleepwapark hoort en nie tussen wit velle aan die kus van Langebaan nie.”

Gumtree het via e-pos aanbeveel dat die Rigneys die aangeleentheid rapporteer by die polisie. Sodra die webwerf die saaknommer ontvang, sal hulle die polisie glo bystaan.

Intussen het die Rigneys twee gratis aanbiedinge van vakansies ontvang. Een was van Doreen Februarie, wat ‘n gastehuis in Kleinmond besit, en ‘n ander was van Sakkie de Villiers, wat ‘n boothuis in Kraalbaai besit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.