Interdik teen ouers wat bruin skoolhoof wil hê

Deel op

Die Gautengse onderwysdepartement gaan ‘n interdik teen die ouers van ‘n Roodepoortse laerskool bekom omdat hulle aangedring het op ‘n bruin skoolhoof en onderwysers.

Volgens ‘n verklaring wat vrygestel is deur die departement, het sommige ouers betoog, gedreig en geweier om die skoolhoof en onderwysers toegang tot die skool te gee.

Hulle is ongelukkig oor die aanstelling van ‘n swart skoolhoof.

Dit kom nadat die ouers drie maande gelede begin protesteer het en onlangs swart onderwysers begin intimideer het, deur aan hulle te sê hulle “veiligheid by die skool is nie gewaarborg nie”.

Die departement, wat nou die gespanne situasie monitor, het gesê die groep ouers se klagtes teen die skoolhoof, is ondersoek en klaarblyklik vals en ongegrond.

Die interdik sal verhoed dat die ouers “enige handelinge van ‘n gewelddadige en ontwrigtende aard” teen departementele personeel onderneem.

LUR Panyaza Lesufi het die gedrag veroordeel, en gesê dit is “onnodig”, en bygevoeg dat dit ‘n negatiewe impak op leerlinge het omdat hulle waardevolle klaskamertyd verloor.

“Ons sal nie rassisme in enige van ons skole in Gauteng toelaat nie,” het Lesufi bygevoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.