Cele sê regering spreek wel landelike veiligheid aan

Deel op

Die adjunkminister van landbou, Bheki Cele, sê die regering is druk besig om die kwessie van landelike veiligheid aan te spreek.

Hulle werk veral saam met die SAPD om die landelike veiligheidsplan te loods, het hy gesê.

Hy het Woensdag aan die parlementêre debat oor verlede week se staatsrede deelgeneem.

Cele het gesê boere, wit en swart, sowel as swart plaasarbeiders “gaan dood en ly” onder die aanvalle.

Hy het gesê die regering het direkte kontak met landbougemeenskappe.

Cele het onder meer uitgevaar teen opposisiepartye wat volgens hom verdelende propaganda versprei en op dié manier rassespanning aanwakker.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.