Vermeende Bainsvlei-moordenaars voor

Deel op

Die borgtogaansoek van drie swart aanvallers wat van die moorde op ‘n bejaarde egpaar van Bainsvlei by Bloemfontein verdink word, sal Donderdag in Bloemfontein se landdroshof hervat word.

Hendrik Ntsudi, Motsamai Bitterbos en Jackie Louw verskyn weens die wrede dubbele moord op Toon en Rienie Swanepoel verlede maand.

Die saak is vroeër uitgestel nadat die aangeklaagdes se regsverteenwoordiger, Kerapetswe Kgosimang gesê het sy kan nie voortgaan nie weens ‘n ongesteldheid.

Staatsadvokaat Louise Cawood was voorheen gereed om die staat se eerste twee getuies, die data-ontleder, Bes Bezuidenhout, en die ondersoekbeampte, Cobus Coetzee, te roep.

Die Swanepoels, albei in hul 70’s, is op 11 Januarie in hul huis op die plaas Vergezocht oorval, gemartel en daarna in koele bloede doodgeskiet. ‘n Televisiestel, vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.