‘Kakkerlakke’ versoen

Deel op

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, se verskoning aanvaar, nadat sy hom oor die naweek op ‘n ANC-saamtrek in Noordwes ‘n kakkerlak genoem het.

Mbete het die opmerking in Mahikeng gemaak in haar hoedanigheid as die voorsitter van die ANC, het RSG berig.

Dit volg na verlede week se wanordelike Staatsrede waartydens lede van die EFF met geweld deur veiligheidspersoneel uit die parlement verwyder is.

Malema het op sy beurt die DA-leier, Helen Zille, om verskoning gevra omdat hy haar in 2010 ‘n kakkerlak genoem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.