Menslike fout rede vir kommunikasieprobleem in parlement

Deel op

Die regering het die versperring van kommunikasie en inligting tydens die Staatsrede in die Parlement verlede week gewyt aan wat hy noem, ‘n menslike fout.

Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, het ontken dat ‘n politieke besluit geneem is om die selfoonseine te versper, het RSG berig.

Mahlobo sê ‘n operasionale fout deur ‘n lid van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur het die kommunikasie-ontwrigting veroorsaak.

Die operateur het glo nie ‘n toestel wat die lugruim beheer na behore afgeskakel nie, wat ‘n invloed op toepaslike toegang van sekere selfoongebruikers gehad het.

Hy sê ‘n ondersoek is aan die gang met moontlike dissiplinêre stappe wat kan volg teen diegene wat daarvoor verantwoordelik is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.