HSM dink landsbestuur is ‘n swart Idols-kompetisie

Deel op

Die parlementêre sirkus waar die media sowel as lede klaarblyklik meen dit gaan om ‘n klugtige swart Idols-kompetisie eerder as landsbestuur, duur voort.

Hoofstroommedia berig oudergewoonte oor verskillende politieke persoonlikhede wat mekaar slegsê asof dit van enige wesentlike belang vir die produktiewe minderheid sou wees.

Opposisie-parlementslede het intussen tydens die debat oor die staatsrede hul ontevredenheid uitgespreek oor die weglating van sommige sleutelgebeure uit die notules van verlede week.

Hulle kla dat geen melding gemaak word van die blokkering van selfoonseine wat plaasgevind het nie. Dit is nie seker wat die meeste opposisiepartye kan kommunikeer of twiet wat aan die ANC se meerderheid sal verander nie.

Die uitsmyting van die EFF-lede sowel as die DA wat agterna uit die Nasionale Vergadering gestorm het om verrigtinge verder te ontwrig, is nie onder die besprekingspunte nie.

Soos verwag, het EFF-leier, Julius Malema sy toespraak weer begin met ‘n verwysing na Nkandla.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.