Agri-Noord-Kaap het die vergiftiging van meer as 200 bloukraanvoëls veroordeel. ’n Boer in die Richmond-distrik het vermoedelik sedert 2012 die voëls met “Two Step” of Aldicarb vergiftig.
Henning Myburgh het aan OFM-nuus gesê indien dit blyk dat die skuldige party een van Agri-Noord-Kaap se lede is, die nodige stappe na afloop van ’n polisieondersoek gedoen sal word.
Toerismekenner Melville Saayman sê hy hoop dat die skuldige party swaar gestraf word, aangesien die bloukraanvoël deel van Suid-Afrika se erfenis is, en ook omdat daar geen rede vir sulke gedrag is nie.
Die Griffon Gifinligtingsentrum se Gerhard Verdoorn het bevestig dat monsters van die voëls reeds geneem is om te bepaal wat die voëls se dood veroorsaak het.
Omgewingsake se Lesego Pule was nog nie vir kommentaar beskikbaar nie.