Besope regter slaap deur staatsrede

Regter Ruth Bader Ginsburg van die Amerikaanse hooggeregshof het gesê sy het ’n baie goeie rede waarom sy op pres. Barack Obama se staatsrede verlede maand ingedut het: “Ek was nie 100% nugter nie.”

Die 81-jarige Ginsburg het op 20 Januarie op die gesamentlike sessie van die Kongres en die Huis van Verteenwoordigers openlik gesit en slaap, het Reuters berig.

By ’n gespreksbyeenkoms op die kampus van die George Washington-universiteit verlede week, het sy op ’n vraag van die moderator vertel dat ’n paar regters tradisioneel voor die staatsrede vir ’n ete bymekaarkom.

En regter Anthony Kennedy het vanjaar glo “’n uiters gawe Kaliforniese wyntjie, genaamd opus iets” saamgebring.

“Ek het my voorgeneem om vanjaar by die vonkelwater te hou en weg te bly van die wyn. Maar op die ou end was die ete so heerlik, ek moes net wyn ook hê,” het Ginsburg verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.