Koue weer vir VSA, warm weer vir Rusland

Deel op

Besondere koue toestande teister steeds groot dele van Amerika. In die noordoostelike gebiede van die land het Amerikaners deurgeloop onder hul vierde winterstorm die maand.

Die kouefront het na dele in die suide uitgebrei, terwyl die middel-Atlantiese-streek ook deurloop onder die bibberweer.

Boston en die omliggende New England streek het in Februarie reeds ‘n rekord hoeveelheid sneeu gehad. New York het minder sneeu aangeteken, maar Maandag is ‘n maksimum temperatuur van minus twee grade aangeteken.

Duisende vlugte wat opgeskort is sal na verwagting hervat word namate die front oor die oseaan beweeg.

Intussen sê weerkundiges dieselfde ‘pooldraaikolk,’ veroorsaak die koue weer in die VSA sowel as warmer weer in Rusland.

Mense in die sentrale dele van Rusland is verbaas deur warm reënweer wat al die sneeu wegsmelt. Kenners sê die twee teenstrydighede is in werklikheid deel van dieselfde verskynsel.

Inwoners van die VSA en Kanada is verras deur die ysige daling in temperatuur onder minus 30 grade Celsius, terwyl die Russe ook verras is deur die Januarie-weer met temperature in Moskou wat sowat 11 grade bo die gemiddeld is.

Lees ook verder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.