Wesbank-hoofkantoor deur swartes beroof

Deel op

Die hoofkantoor van Wesbank, ‘n filiaal van Eerste Nasionale Bank wat motorfinansiering verskaf, is gister in Fairland, Johannesburg, beroof. Die teiken was ‘n MTN-winkel binne die enorme gebou net langs die N1-snelweg. Vier verdagtes is aangekeer terwyl drie ander steeds op vrye voet verkeer.

Volgens ‘n woordvoerder van die Fairland-polisiestasie, konstabel Michael Kgatla, het die voorval rondom 11:00 gisteroggend plaasgevind.

Die hoofkantoor van Wesbank, van die N1-snelweg gesien
Die hoofkantoor van Wesbank, van die N1-snelweg gesien

“Een van die aangekeerde verdagtes is deur veiligheidsbeamptes geskiet,” sê Kgatla. “Drie ander verdagtes het in ‘n Quantum-taxi gevlug, wat hulle by die Gordonweg-kruising gelos het toe die verkeerslig rooi slaan met die polisie wat hulle agtervolg.”

Toe vind ‘n skietgeveg plaas. Een van die aangekeerde verdagtes het ook ‘n veiligheidsmaatskappy se motor gekaap, maar het in die voorstad vedwaal geraak en kon nie wegkom nie.

“Die verdagte is op die hoek van Wilsonstraat en Soutpansweg in hegtenis geneem.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.