AA waarsku dat brandstofpryse weer kan klim

Deel op

Die Automobiel-Assosiasie het Dinsdag gewaarsku dat die onlangse daling in die brandstofprys van korte duur mag wees.

“Internasionale brandstofpryse het met meer as 20 persent geklim sedert die laaste week van Januarie,” het die AA in ‘n verklaring gesê.
 
“‘n Skerp styging in die rand/dollar-wisselkoers het ook druk op die brandstofprys geplaas, en die huidige data voorspel ‘n Maart-prysverhoging vir petrol van sowat 68 sent per liter, met diesel en paraffien ongeveer 45 en 48 sent per liter onderskeidelik.”
 
In die eerste week van Februarie het die prys van alle grade petrol met 93 sent per liter gedaal.
 
Vroeg in Januarie het die prys van 93 en 95 oktaan petrol gedaal met R1.27 en R1.23 per liter.
 
Tensy daar ‘n wesenlike verbetering in beide die wisselkoers en internasionale brandstofpryse is, kan motoriste gekonfronteer word met ‘n brandstofverhoging aan die einde van die maand.
 
“Dit is te vroeg om te sê of die opswaai in brandstofpryse ‘n blote wisselvalligheid is of ‘n teken dat die onderpunt van die siklus bereik is,” het die AA gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.