Swart DA-leier gee voor dat hy André Brink gelees het

Deel op

Die DA se swart koukusleier, Mmusi Maimane het skielik ontpop in ‘n leser van niemand minder nie as André Brink.

In ‘n ongeloofwaardige hagiografie aan Brink, het Maimane, wat ooglopend nog nooit ‘n woord van Brink gelees het nie, die dood van “een van Suid-Afrika se literêre reuse” betreur tydens sy toespraak in die parlement.

Brink het feitlik geen swart lesers gehad nie en van sy werk was grootliks gemik teen ‘n konserwatiewe wit gehoor.

“In ons hartseer oor sy dood is slegs deur die groot literatuur hy aan ons bemaak het, ‘n vertroosting,” het Maimane vroom en sonder ironie verklaar.

Brink se lesers sal verbaas wees om te verneem dat die “groot les” uit sy oeuvre glo was dat ‘n ‘n “gesiglose stelsel die euwels in die samelewing” verberg, en dat “mense onreg teen ander mense pleeg”.

Brink het homself juis onvermoeid vir die teendeel beywer. Hy het gesiglose Afrika-verantwoordelikheid verskoon en voortdurend alle skuld kollektief op Afrikaners gepak. Hierdie tema het hy uitgebrei om later prontuit in ‘n dokumentêre program op SABC te verklaar dat dit beter sal wees as Afrikaners heeltemal uitgewis word, weens hul aandeel aan “slawerny”.

Daarna het Maimane egter Brink se gunsteling onderwerp oor wit skuld afgestof en uitgevaar teen die “ongelyke nalatenskap van die apartheidstelsel wat swaar weeg op swartes”.

“Dit is ‘n feit dat swart kinders nog steeds nie dieselfde geleenthede as wit kinders het nie. Dit is ‘n menslike tragedie wat niemand in hierdie vergadering ooit moet aanvaar nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.