Swart polisie in Randburg aangekla van aanranding op epileptiese Afrikanervrou

Deel op

Die Randburgse polisie het Lana Stander, ‘n epilepsielyer, in hegtenis geneem en haar geslaan en selfs aanhou slaan nadat sy haar bewussyn verloor het. Die staat beweer dat Stander onder die invloed van drank bestuur het, maar sy het mediese getuienis voor die hof aangebied dat sy nugter was.

Intussen het die staat besluit om nie voort te gaan met ‘n klag van dronkbestuur teen Stander nie, nadat sy klagtes van diefstal en aanranding teen die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, aanhangig gemaak het.

Lana Stander vertoon van die merke aan haar arms voor die landdroshof
Lana Stander vertoon van die merke aan haar arms voor die landdroshof

Stander is enkele dae gelede op 14 Februarie in hegtenis geneem nadat sy by ‘n ongeluk in Ferndale, Randburg, betrokke was. Omdat sy aan epilepsie ly, het die spanning van die voorval, tesame met haar arrestasie, by haar ‘n epileptiese aanval ontketen.

Volgens haar getuienis, het die polisiebeamptes haar nie ‘n asemhalingstoets vir alkohol gegee nie, dog haar sonder meer geboei en in die vangwa gesmyt. Hierna het hulle haar na ‘n plek toe geneem waar sy geslaan en geskop is. Sy het kneusplekke aan haar arms, asook letsels aan haar gewrigte van die aanranding en stywe boeie vertoon.

“Toe een van die vrouepolisiebeamptes probeer om my te slaan, het ek my verweer deur haar met die boeie te slaan en sodoende nog ‘n aanval af te weer,” sê sy.

Hierna het die swart polisiebeamptes haar na die Randburgse polisiestasie langs die landdroshof toe geneem waar hulle haar agter in die vangwa gelos het terwyl hulle op die voorste sitplekke slaap. Toe hulle haar weer dreig, het sy nog ‘n epileptiese aanval gekry.

Sy beweer in haar verklaring dat, hoewel sy bewusteloos was, kan twee getuies staaf dat sy uit die vangwa gesleep is en dat die polisie rondom haar gedans het.

Lana Stander is na die selle by die polisiestasie geneem, waar sy verbied is om ‘n telefoonoproep te maak en vertel is dat sy nie medikasie vir haar toestand kon neem nie aangesien sy dronk was. Toe sy uiteindelik vrygelaat is, het haar vriend Bernhard Bekker haar gehelp om klagtes by die Lindense polisiestasie aanhangig te maak waar enkele blanke polisiemanne nog diens doen.

Bekker het aan die Randburgse landdroshof gesê dat 14 van Stander se menseregte geskend is, wat wissel van ernstige aanranding en marteling tot die weiering van medisyne vir ‘n siekte soos epilepsie. Hy en Stander gaan ook klagtes daaroor indien.

Tot dusver het die Randburgse polisiestasie nog nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.