Duitse kommer oor grondbesit ongegrond sê ANC

Deel op

Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies het op ‘n vraag oor negatiewe opmerkings deur die hoof van die Duitse Sakekamer in Suid-Afrika, gesê hy glo nie die wetsontwerp sal belegging deur Duitse maatskappye beïnvloed nie.

Die Kabinet moet nog besluit of die verbod op buitelandse grondeienaarskap op alle kategorieë van grond van toepassing sal wees, het RSG berig.

Die minister van Toerisme, Derek Hanekom sê in baie lande is daar ‘n onderskeid tussen landbougrond en stedelike grond, en die Kabinet is steeds besig om oor die besonderhede te besluit.

President Jacob Zuma het Donderdag tydens sy Staatsrede die omstrede wetsontwerp oor buitelandse grondeienaarskap bevestig.

Hanekom het bygevoeg dat die wetsontwerp nie die regte van huidige grondeienaars sal raak nie, en dat dit nie as ‘n bedreiging vir buitelandse belegging gesien moet word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.