Sanef wil hof toe oor selfoonseine in parlement

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, Sanef, wil ‘n regshulpfondsop die been bring om hofsake te maak teen die skending van joernaliste se reg om ondermeer oor parlementêre gebeure te berig.

Dit volg nadat selfoonseine in die Parlement ontwrig is voor President Jacob Zuma se Staatsrede.

Die redakteursforum het die naweek verklaar dat media-maatskappye gaan aansoek doen vir ‘n dringende hofbevel om te keer dat veiligheidsagentskappe kommunikasieseine kan verhinder soos wat glo met die president se staatsrede gebeur het.

Sanef sê dit meng met beriggewing in.

Donderdagaand is die spesiale sitting in die Nasionale Vergadering ook ontwrig deur die EFF.

Sanef sal ook die hof vra om die Parlement te dwing om uitsaai-media toe te laat om hulle eie kameras in die Parlement te installeer.

President Zuma sê dit was onnodig dat hy moes kommentaar lewer op die ontwrigting terwyl hy sy staatsrede gelewer het.

Ontleders het die president daaroor gekritiseer, maar hy sê die EFF se optrede is vooraf bepaal en dat daar niks was om daaroor te sê nie.

Chaos het uitgebreek toe die EFF deur veiligheidsbeamptes verwyder is omdat hulle geweier het om die Nasionale Vergadering te verlaat.

Hulle wou ‘n punt van orde stel oor wanneer die president die geld wat aan sy Nkandla-woning bestee is, gaan terugbetaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.