Swart rowers steel 40 tablette by skool te Hammanskraal

Deel op

Terwyl die Gautengse onderwysdepartement spog met sy loodsprojek om elektroniese tablette in skole te gebruik, het ses swart rowers reeds op een van die eerste skole met sulke tablette toegeslaan en 40 van hulle gesteel.

Die Steve Biko Secondary School in Hammanskraal het deurgeloop toe die ses gewapende rowers ‘n gemeenskapspatrolliespan Donderdag aangehou en agterna die 40 tablette, selfone, asook kontant by die skool geroof het.

Dit kom skaars ‘n maand nadat die LUR vir opvoeding in die provinsie, Panyaza Lesufi, die tabletprojek geloods het. Die rooftog het ook geskied, ondanks Lesufi se aanspraak dat dit sinneloos sou wees om sodanige tablette te steel aangesien hulle “slegs vir opvoedkundige doeleindes gebruik kan word”.

Lesufi het die “Big Switch On Pilot”-projek in Tembisa, ‘n swart woonbuurt tussen Midrand en Kemptonpark, bekendgestel. By dié geleentheid het Lesufi gesê dat die tablette met gevorderde opsporingstelsels toegerus is wat sou verseker dat hulle “binne 24 uur opgespoor kon word”. Alle hoërskole in Gauteng sou teen 2019 “papierloos” wees.

‘n Woordvoerder van die polisie, sersant Makgotso Mphenyeke, sê die twee patrollielede wat die skool oppas, is deur ses swartmans met vuurwapens aangehou terwyl ander net ná middernag toegang tot die stoorkamer deur ‘n venster verkry het.

“Hulle is met die vuurwapens beveel om na een van die klaskamers te gaan. Toe maak hulle die kluis oop en steel 40 tablette, kontant en selfone wat aan die leerders behoort,” sê sy.

Volgens Mphenyeke moet hulle nog die presiese hoeveelheid gesteelde kontant en die aantal selfone vasstel. Sy weet nie presies hoe die rowers die kluis oopgekry het nie. “Ons ondersoek ‘n voorval van sakeroof aangesien die skool nie ‘n woning is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê sy.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.