Gewapende swart rowers slaan op Kaapse winkel toe

Deel op

Volgens die winkelbestuurder “het die rowers ontspanne gelyk, asof hulle dit al vele kere vantevore gedoen het”.

Deel op

Gewapende rowers het klante en personeel in ‘n winkel te Rondebosch-Oos, Kaapstand, met vuurwapens aangehou, daarna ‘n inkopieganger se voertuig gekaap en daarmee ontsnap – alles binne ses minute op ‘n besige pad.

Die voorval is die derde binne drie maande waarin ‘n winkelganger se voortuig deur voortvlugtige rowers gekaap word. Dis ook die jongste in ‘n hele reeks rooftogte by winkels en winkelsentra. Die dag vantevore is ‘n winkel op Stellenbosch beroof alvorens die winkel in Rondebosch deurgeloop het.

In die jongste voorval het ‘n groep gewapende rowers Vrydagmiddag op Hassen se Superette in Rondebosch toegeslaan.

Die winkelbestuurder, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê ‘n swarte het ingeloop, gevolg deur ‘n ander.

Eers het hulle voorgegee om klante te wees.

“‘n Derde swarte het ingekom met ‘n klein koelkassie, soos ‘n toebroodjiehouer. Hy het geld uit sy sak geneem, dit oopgerol en vir lugtyd gevra.”

“Die winkelassistent het die lugtydversoek ingesleutel, waarna die rower ‘n pistool uit sy koelkassie uitgehaal het,” sê die bestuurder.

Op dié oomblik het albei die ander swartes ook vuurwapens uitgepluk en nog ‘n gewapende rower het by die deur stelling ingeneem om dinge dop te hou.

“Daar was twee klante en drie winkelassistente in die winkel. Hulle het hulle na die agterkant van die winkel toe gedwing. ‘n Damesklant het ingeloop gekom, die vuurwapens gewaar en gepoog om weg te hardloop, maar hulle het haar gevang en weer binnetoe gesleep,” sê die bestuurder.

Die vrou se eggenoot was steeds buite in hul motor, maar nog een van die gewapende rowers het hom genader.

“Hy het die wapen op die vrou se man gerig, hom uit die motor getrek en hom ook na die winkel toe gebring. Toe kaap hulle hom en vat die motor,” sê die bestuurder.

Op ‘n stadium het ‘n veiligheidswag van ‘n plaaslike maatskappy gepoog om tussenbeide te tree, maar hy was net met pepersproei gewapen.

“Toe steek hulle ‘n wapen onder sy neus en vat sommer sy tweerigtingradio en sy pepersproei by hom af.”

Volgens die winkelbestuurder “het die rowers ontspanne gelyk, asof hulle dit al vele kere vantevore gedoen het”.

Die rowers het ‘n groot sak by hulle gehad en het alles gevat wat hulle kon steel, waaronder sigarette en die klante se selfone.

“Die swartes buite het vir die laaste 20 sekondes die toeter begin blaas, asof hulle ongeduldig raak. Die pad was baie besig,” sê die bestuurder.

Die swart rowers, omtrent ses van hulle, het in die gekaapte motor en twee ander voertuie ontsnap. Die hele rooftog het net ses minute geduur, van 12:22 nm. tot 12:28 nm.

Dis die derde keer dat die winkel binne twee en ‘n half jaar beroof word. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, kaptein Frederick van Wyk, word ‘n voorval van “sakerooftog” ondersoek.

Tydens Donderdag se rooftog is ‘n viswinkel in Stellenbosch aangeval.

Van Wyk sê die vyftigjarige eienaar en twee personeellede was binne die winkel to drie gewapende rowers die perseel betree.

Hulle het die eienaar gedreig en kontant en sigarette geneem. Daarna het al drie weggehardloop.

Omtrent ‘n week gelede het ‘n soortgelyke voorval plaasgevind toe ‘n winkelganger gekaap is nadat drie gewapende rowers ‘n selfoonwinkel in die Tuinesentrum in Kaapstad beroof het.

Terwyl hulle wegkom, het die rowers ‘n dame in haar motor voorgekeer en in haar motor weggery.

Verlede jaar tydens die middel van November het ‘n groep gewapende rowers ‘n Pick n Pay-winkel in Monte Vista beroof en toe ook ‘n winkelganger se motor afgeneem en daarmee weggejaag.

Soortgelyk aan Gauteng, word die Wes-Kaap al hoe meer deur winkel- en winkelsentrumrooftogte geteister. Verlede jaar is 16 winkels en winkelsentra binne 10 weke beroof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.