EFF-grondbesettingsplan in Midrand gefnuik

Deel op

EFF-lede met rooi hempies en pette het onlangs ‘n aantal plakkers op ‘n oop stuk kleinhoewe in Belvedereweg neffens die Glen Austin-voëlpark in Midrand gevestig. Oor die afgelope paar dae het die SAPD egter die stukture afgebreek, maar die eienaars van kleinhoewes in die omgewing is lugtig dat daar weer so ‘n poging sal opduik.

‘n Malawiese vrou is op dieselfde stuk grond verkrag en vermoor. Die polisie het agterna die lyk kom haal, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die naam van die vrou is nog onbekend, maar Malawiërs in die omgewing het haar begrafnis bygewoon.

‘n Zimbabwiër het aan praag gesê: “Ons vrees vir ons lewens. Ons vertrou ook nie die polisie nie. Niks gaan van hierdie moordsaak kom nie. Ons is heeltemal uitgelewer.”

‘n Rede waarom die polisie wel teen die plakkers opgetree het, is omdat die skaars brulpaddaspesie by die Glen Austin-dam deur plakkery bedreig sou word.

“Die paddas het ons gered,” sê een eienaar.

Die EFF van Julius Malema het by sy jongste partykongres formeel die beleid van grondbesetting aangeneem. Die Pretoriase munisipaliteit het sy hande vol en moes reeds grondbesetters van persele in Sokhulumi, Mamelodi, Soshanguve, Mooiplaats, Donkerhoek, Atteridgeville en Olivenhoutbosch, asook nou Midrand, verwyder.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.