Ekonomiese krisis tref Europa

Deel op

Lande in Europa het Sondagnag geskarrel om 'n dreigende kredietkrisis wat banke kan laat ineenstort, af te weer. Die Amerikaanse ekonomiese afswaai het nou Europa en Asië met alle mag getref.

Deel op
Die Duitse regering het aangekondig dat hulle alle privaatspaargeld sal waarborg in die hoop dat senuweeagtige bankklante nie hulle deposito's sal onttrek nie. Nuus dat die Duitse Hypo Eiendomsbank deur die regering ondersteun sal moet word en dat Fortisbank in België, wat takke feitlik oral het, bankrot is, het skokgolwe deur die EU gestuur. Fortis het 'n week gelede 11,2 miljard euro saam van Nederland, België en Luxemburg ontvang maar moes ten spyte van die hulp hulle deure sluit.

Die Europese Sentrale Bank het verlede week drastiese stappe geneem om geld aan banke beskikbaar te stel soos wat die krisis nadergesnel het, maar het probreer om rentekoerse dieselfde te hou. Hulle het egter Donderdag aangekondig dat rentekoerse verlaag sal word. Die stappe het spaarders nie gerusgestel nie en aandelemarkte het swakker as in die VSA gevaar.

In Berlyn het Kanselier Angela Merkel en minister van Finansies, Peer Steinbrück,  op TV verskyn om te belowe dat die regering alle spaargeld sal waarborg, maar dit was nie duidelik watter wetgewing aangepas sal moet word om die belofte gestand te doen nie. Merkel het woede teen internasionale bankiers wat die publiek se geld gebruik om hulle eie risiko's te dek, probeer besweer deur te belowe dat daar met hulle afgereken sal word.

баня турецкаяДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.