Die VN Veiligheidsraad het ‘n resolusie aanvaar om miljoene dollar te keer, wat die terreurgroep – die Islamitiese Staat – verdien uit die verkoop van olie, die handel van antieke ware en lospryse wat betaal word.
Die resolusie is gemik op die verdienste en buitelandse skenkings wat die operasionele hoedanigheid van ISIS versterk, het RSG berig.
Volgens die VN erken die resolusie die belangrikheid van sanksies teen ISIS, die Al Nusra Front en ander al-Kaïda-groepe en die bestaande verpligting van state om fondse van terroriste te bevries.
‘n Beroep is op lidlande gedoen om binne 120 dae verslag te doen oor watter stappe gedoen is om aan die resolusie te voldoen.