Bob Hewitt se verkragtingsaak gaan voort

Deel op

Die kruisondervraging van die Australiesgebore tenniskampioen, Bob Hewitt word Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof voortgesit.

Hewitt staan tereg op twee aanklagte van verkragting en een van molestering.

Hy het Donderdag in sy eie verdediging getuig nadat ‘n aansoek vir sy ontslag van die hand gewys is.

Die Staat wou tydens kruisondervraging van Hewitt weet hoe hy liefdesbriewe aan ‘n 12-jarige meisie kon skryf en dink dit is aanvaarbaar.

Hy het erken dat as hy nou daaraan dink dit nie gepas was nie.

“Ek het in ’n grap gesê dat, as ek verkragting nie kon vermy nie, ek net agteroor sou lê en dit geniet,“ het hy aangevoer.

Hewitt sê hy het dié aanmerking teenoor ’n klompie seuns gemaak aan wie hy tennislesse gegee het, maar een van die drie vroue wat Hewitt van verkragting en seksuele aanranding aankla, het egter Woensdag gesê dat hy die aanmerkings aan haar gerig het.

Suellen Sheehan, nog ’n beweerde slagoffer, het getuig dat Hewitt haar in 1982, voor ’n tennisoefening, in sy kar verkrag het. Sy was toe 12 jaar oud.

Theresa Tolken het aan die hof gesê dat Hewitt haar 34 jaar gelede, toe sy 12 was, onsedelik aangerand het.

Die 75-jarige Hewitt het vroeër getuig dat hy deur die media onder groot druk geplaas word en dat die publiek hom teister deur kwaadwillige boodskappe.

Hy het ook gesê dat hy bloot ‘n “vaderfiguur” vir een van sy vermeende slagoffers, Theresa Tolken, was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.