Britte ‘kan nie oorlog in Afghanistan wen nie’

Deel op

'n Hoofbevelvoerder van die Britse leër sê die oorlog in Afghanistan kan nie gewen word nie en samewerking met die Taliban mag 'n langtermynoplossing vir die land wees.

Deel op
Brigadier Mark Carleton-Smith het aan die Britse Sunday Times gesê: "Ons kan nie die oorlog wen nie." Hy het verduidelik dat dit gaan om die insurgensie na 'n vlak te bring waar die Afghaanse weermag dit kan beheer, maar daar sal in die platteland voortslepende onrus wees.

As die Taliban tafel toe kom om te onderhandel oor 'n politieke skikking, dink hy dit sal die insurgensie opklaar. Alhoewel Brittanje as deel van NAVO 'n bloedige veldtog teen die Taliban voer, het Britse amptenare aangedui dat hulle die Taliban wil oorreed om hulle wapens neer te lê.

Die Britse regering het ontken dat hulle sending na Afghanistan is mislukking is nadat 'n Franse koerant berig het dat die Britse ambassadeur na Kaboel gesê het dat buitelanse troepe se teenwoordigheid die probleem vererger.

Die Franse weekblad, Le Canard Enchaine, het verlede Woensdag kommunikasie tussen die Britse ambassadeur Sherard Cowper-Coles en 'n Franse amptenaar Francois Fitou gelek. Daarin sê Cowper-Coles dat Afghanistan dalk beter sal vaar met 'n "aanvaarbare diktator".

'n Diktator, sê hy, sal die "enigste realistiese oplossing wees" en hulle behoort die "openbare mening te kry om dit te aanvaar". Die Britse ambassadeur kritiseer ook die VSA daarin omdat hulle nog troepe na Afghanistan wil stuur. Hy voel dat die kandidate sterk afgeraai moet word om verder in die land in te meng.

Die kommunikasie dateer van 2 September 2008. President Nicolas Sarkozy en Buitelandse minister Bernard Kouchner het albei afskrifte van die diplomatieke telegram ontvang.

раскрутка сайтаДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.