Christo Landman, bekende Afrikaneraktivis en -rubriekskrywer sterf

Deel op

‘n Rubriekskrywer van praag en bekende in Afrikanerkringe, dr. Christo Landman, is gisteraand skielik oorlede. Volgens ‘n e-pos van mev. Marieka Visagie “is hy uit na sy perde toe en het daar blykbaar sleg gevoel en in sy motor gaan lê. Hulle het hom eers baie later opgespoor. Sy seun is gekontak wat hom na die Wilgershospitaal toe geneem het, maar hy het nie weer bygekom nie.”

Dr Christo Landman
Dr Christo Landman

Landman was voorheen ‘n diplomaat en het in Argentinië, Nederland en Duitsland diens gedoen. Ná 1994 was hy ‘n tyd lank by die Vryheidsfront betrokke en was ook lid van die provinsiale wetgewer onder genl. Constand Viljoen se leierskap van dié party. Hy was lid van die Staatsveiligheidsraad onder PW Botha en het daarom oor heelwat binne-inligting oor die wyse waarop die ANC-oorname plaasgevind het beskik.

Benewens sy rubrieke op praag, het hy onlangs ook heelwat briewe aan Beeld geskryf wat indringende kritiek op die huidige bestel bevat. Hy was ook lid van die Afrikaner- strategiese komitee van Afrikanerleiers wat so drie jaar gelede tot stand gekom het.

Die begrafnisreëlings sal glo oor die naweek gefinaliseer word.

In sy onmiddellike reaksie het dr. Dan Roodt van PRAAG gesê:

“Dit is met groot hartseer dat ons van dr. Landman se skielike dood verneem. Hy het altyd lewendig, fiks en gesond gelyk. Nie net ontval ‘n Afrikaneraktivis van formaat ons nie, maar hy was ook ‘n skatkis van kennis oor ons meer onlangse geskiedenis wat nou nooit opgeteken sal word nie. Ons wens sy gade en sy kinders sterkte toe ná so ‘n skokkende en onverwagse verlies.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.