Binnegeveg in EFF lei tot geweld

Deel op

EFF-parlementslid, Andile Mngxitama wou die media toespreek, maar moes noodgedwonge sy inligtingsessie Donderdag uitstel toe lojaliste van Julius Malema verrigtinge met geweld ontwrig het.

Mngxitama ondersoek bewerings gemaak deur die leier van die Patriotiese Alliansie, Gayton McKenzie.

Hy het Woensdag getwiet dat hy op pad is na McKenzie se huis om bewyse te sien wat Malema in ‘n moord impliseer. In ‘n ope brief gerig aan Malema, het McKenzie beweer dat Malema sy party se fondse misbruik en ‘n aandeel in die dood van ‘n man het wat gekant was teen Papiki Babuile.

Die EFF se Noordwes-leier, Papiki Babuile is skuldig bevind aan die moord.
 
Mngxitama wou die media inlig oor sy huidige rol en toekoms in die EFF asook sy verskille met EFF-leier, Malema.

Die twee is haaks oor verskeie kwessies insluitend Malema se beskerming van Babuile.

Die veroordeelde moordenaar geniet ‘n maandelikse salaris wat deur die Noordweswetgewer betaal word, ondanks sy skuldigbevinding. Hy is in Desember en Januarie ‘n salaris betaal maar is sedertdien uit die wetgewer verwyder.

Voordat Mngxitama kon praat by die inligtingsessie by ‘n Southern Sun-hotel, het ondersteuners van Malema en Mngxitama mekaar probeer doodskree en daarna het die strydende faksies tot geweld oorgegaan.

Verskeie pogings is aangewend om Mngxitama aan te rand. Verslaggewers van verskeie mediahuise is ook in die geveg betrokke.

Mngxitama is ongedeerd nadat hy beskerm is deur sy kollegas. Hy het later getwiet dat hy nog lewe en dat die nuuskonferensie sal voortgaan.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.