Razelle Botha stry vir ‘n verlore saak

ImageNadat ek Vrydag se berig in Beeld gelees het oor Razelle Botha wat nou baie mooi regkom ná die rooftog op haar ouerhuis vroeër vanjaar het ek gedink daar is hoop vir die jong dame.

Met die deurlees het dit duidelik geword dat die trauma van die rooftog nog lank nie uit haar sisteem is nie, aangesien sy nou redelik op die nuwe hulphond staatmaak vir emosionele ondersteuning, terwyl die dier nog opleiding as 'n hulphond ondergaan. Vir sover dit emosionele ondersteuning betref, is honde absoluut perfek.

Hulle is altyd daar om mens te kom natneussoetjies gee as jy dit nodig het, en sal dikwels kom en voor mens sit en die poot op jou skoot neersit, so asof hulle aan mens net wil sê dat alles sal regkom, en daardie aanraking gebruik net om dit te versterk.

Ek verstaan dat diere wel daardie sintuig het wat maak dat hulle weet wanneer die eienaar so 'n drukkie en bietjie liefde nodig het. Dit is juis daardie eienskap wat van diere sulke goeie helpers en geselskap maak. En ek is sterk van mening dat labradors seker van die beste diere is wat dié eienskappe betref. Hulle aanvaar mens net soos jy is; hulle is onvooraardelik lief vir jou.

Dit is toe ek verder lees dat ek sien wat die jong dame se planne vir die toekoms is. En ek hoop dat haar drome kan realiseer. Wat ek wel glo, is dat sy baie sterk is om sover te genees het en daarmee wil ek haar ook net die beste toewens. Die mediese studies in Kanada is 'n groot droom en ek hoop dit word vir jou waar.

Maar waarvoor wil jy terugkom en hier kom werk? Presies wat het die land se mense aan jou gedoen dat jy so grootmoedig is om elders te wil gaan leer, net om daarna weer terug te kom en daardie hardeverdiende kennis te kom mors op mense wat jou sover nie veel meer as pyn, leiding en hartseer veroorsaak het nie? Ek verstaan dat mens iets soos patriotisme kan hê; ek glo ook daarin.

Maar hoekom terugkeer en dalk dieselfde mense wat jou van jou gesonde sterk liggaam ontneem het, kom help? In soveel opsigte is hulle nie veel meer as barbare nie, maar dan wil mense kom en hulle help, omdat dit sogenaamd die regte ding is om te doen. Ek kan jou amper verseker dat indien jy oorsee sou gaan studeer en hier wil kom praktiseer, jy allerhande struikelblokke sal teëkom net om die rompslomp af te handel om jou beroep te betree.

En as jy dink dinge gaan vorentoe beter raak, dink weer. Dieselfde barbare wat jou geskiet het se broers en susters sit daar op hoë vlakke in die regering en maak allerhande planne om die voortbestaan van die Afrikaner, jy ingesluit, so kort as moontlik te maak, en indien jy net herinner moet word, jy is reeds deel van die statistiek. Jy is gelukkig dat jy nog lewe. Dat dinge eers baie erger gaan word, is amper ongetwyfeld, dus moet jy jou dan nou al maar regmaak om onder baie teenkanting hier te kom werk onder omstandighede wat net kan vererger.

Kan iemand my dalk net vertel wat presies so wonderlik is aan die verskynsel dat mense wat geliefdes verloor, en beseer word in aanvalle altyd dink dat die mense wat die gruweldade pleeg sal verander?

Selfs met die Amy Biehl-saak het die vermoorde dame se ouers die moordenaars vergewe, en op die een man se troue met hom gedans. Die feit dat haar ouers 'n instituut gestig het om vir die mans wat haar vermoor het werk te gee as hulle uit die tronk uitkom, slaan my dronk. Watter soort semi-breindoodmens doen dít vir monsters wat jou dogter grusaam vermoor het?

Een van die Amy Biehl-stigting se oogmerke is om geweld te verminder in die omgewing waar sy deur swartmense vermoor is. Nou wil ek vra: hoeveel sukses het die stigting al gehad? Hoeveel moorde, verkragtings en aanrandings is al voorkom deur die stigting?

Wat maak van mense sulke wonderlike wesens dat hulle dat hulle altyd net wil vergewe? Ek is terdeë bewus daarvan dat dit 'n Bybelse beginsel is, maar ek wil nou hier vra": hoeveel van wat dié mense doen, is net om op die einde raakgesien te word, 'n vorm van morele ekshibisionisme?

Ongelukkig dink ek dat nóg jy nóg ek die mense wat soveel geweld pleeg kan verbeter. Diegene wat jou geskiet het, is nie mense nie maar monsters, beslis laer as diere. Want diere maak nie so nie; diere sal nie doodmaak net vir die lekker nie. Hulle gedrag word bepaal deur reëls wat ons as mense nie altyd verstaan nie, maar dit is uiteindelik in die belang van hulle voortbestaan as spesie. As diere wel doodmaak, is dit normaalweg vir voedsel of andersins as siekte uitbreek en geslaglyne wat gestaak moet word, soos wanneer 'n leeumannetjie wat 'n nuwe trop oorneem al die kleintjies van die vorige leier doodbyt.

Jy is seker welkom om met jou lewe te maak net wat jy wil, dis jou keuse, maar onthou net, as jy soos Amy Biehl se ouers hulle wil kom help wat jou leed aangedoen het, kan jy net bedroë daarvan afkom.

Vir die swartman sal jy net nog 'n maklike teiken wees, nog 'n Afrikaner wat tussen hulle en sogenaamde vryheid staan, aangesien hulle nie onderskei tussen vriend en vyand as hulle wil steel en moor nie.

Vra maar die Biehl-gesin. Hulle dogter was 'n anti-apartheidsaktivis en sy het steeds met haar lewe geboet. Dink net daaraan voordat jy jou te veel verbind tot 'n saak wat sonder verdienste is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.