Daveyton in oproer

Deel op

Inwoners van Daveyton, oos van Johannesburg versper paaie in die gebied met brandende buitebande en rommel.

‘n Woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie, Kobeli Mokheseng sê net na middernag Woensdag is paaie versper.

Dit volg na ‘n optog, maar dis nie duidelik waaroor inwoners in opstand is nie.

In Daveyton, waar misdaad baie hoog is, is daar ‘n vigilante-groep algemeen bekend as “Die Russe”.

Dié groep wat honde gebruik, het reeds gevestigde sekuriteitsmaatskappye die loef afgesteek met die verskaffing van goedkoop beskerming.

Inwoners kla dat die polisie se afwesigheid die lokasie in ‘n toevlugsoord vir misdadigers verander het.

“Die Russe” en hul honde patrolleer dwarsdeur die nag. Honde word gevrees deur die meeste lokasie-inwoners.

Hulle is glo gewild weens hul vermoë om die diere op te lei om te reageer op hul opdragte.

In Daveyton se uitbreidings 2 en 3 betaal elke huishouding R50 per maand vir “Die Russe” se beskerming.

Kommer oor geweldsmisdaad het weer opgevlam na die moord van sokkerster Senzo Meyiwa in Vosloorus, ook aan die Oos-Rand, maar Daveyton gaan gereeld gebuk onder diensleweringsoproer en is een van Cosatu se vestings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.