Man van Erasmia ontvoer

Deel op

 'n 27-jarige Egiptenaar is Sondagaand in Erasmia, naby Pretoria, ontvoer.

Deel op

'n Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê 'n groep van vyf mans, wat met 'n vuurwapen en vier messe gewapen was, het vier Egiptiese mans by hul huis omstreeks 20.00 aangeval.

 "Die verdagtes het die deur oopgedwing en het die vier gyselaar gehou terwyl hulle die huis omgekeer het. 'n Onbekende bedrag geld, 'n selfoon en ander huishoudelike goedere is geneem."

 Msimango het gesê dat die ontvoerde man ingekom het toe die rowers op die punt was om te vertrek.

 Volgens hom het hulle die man saamgeneem, in die kattebak van 'n grys 1990-Toyota Corolla gelaai wat in die garage gestaan het en gevlug.

 "Die motor se registrasienommer is LNV 857 GP. Die man en die motor is nog nie sedert die voorval gevind nie."

 Geen beserings is aangemeld nie en geen inhegtenisnames is nog uitgevoer nie.

fish partyФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.