Hoekom Suid-Afrika nog heeltemaal op koers is

Deel op

Sedert ’n paar weke is dit bekend dat die polisie deesdae meer misdadig as die misdadigers self is, ’n gegewe wat baie Suid-Afrikaners seker nie sal verbaas nie. Aan die een kant is die gewone mens steeds meer gedwonge om die reg in eie hande te neem as gevolg van die wantroue in die reg, en tegelyk is wittes wat dit waag om inbrekers, moordenaars of verkragters uit selfverdediging af te weer, die nuwe kriminele.

NUUT!

Dat polisieagente ook nog vroue ontvoer om in gevangenisselle te verkrag is iets wat die plaaslike en buitelandse media eerder ignoreer as toegee. Dit is net nog ‘n mislukte staat in Afrika, seg hulle dan so nonchalant.

As hierdie gruwel eenmaal die aandag trek van die ivoortoringintellektuele en kwetterende rubriekskrywers van die hoofstroom George Soros-gesteunde media, moet ons weer die ewige geweeklag van apartheid, armoede en wit skuld verduur.

Ongetwyfeld sou Bram Fischer trots hierop gewees het. Soos hy gestel het, het “sommige dele van die media uitstekende werk verrig”, nie net in sy tyd nie, maar vandag des te meer. Selfs in beheerde hoofstroommedia soos CNN, BBC en Al Jazeera word geen woord gerep oor die plaasmoorde, babaverkragtings of moetimoorde nie, maar as Eugene de Kock vry uitstap of Oscar Pistorius sy vriendin skiet, staan hul voelspriete penregop. Ondanks die moord, roof en verkragtings, is en bly wit Afrikaners by implikasie die skurke.

Sommige linkse gekke van weleer soos Nadine Gordimer en Helen Suzman het nogal geskrik toe hulle hul Nuwe Jerusalem in volle kleur en geur ervaar het, en het hulself afgewend van die orde van die dag. Ander linkse gekke daarenteen geniet ten volle van die brute moorde, sadisme en pyn en lag soos die argetipiese Satan vir die gruwel op die gesigte van die ontnugterdes. Die ontslape André P. Brink was van mening dat sy volk dit verdien om te verdwyn, en volgens Auntie-apartheid Conny Braam is volksmoord nog te goed vir ons.

Terwyl die dom linkses onder die waan verkeer dat Zuma en Malema die “erfenis van Nelson Mandela” verraai het, weet die demoniese linkses dat Suid-Afrika nog honderd persent op koers is. Was dit nie Yossel Slovo wat doerie tyd gesê het dat die polisie hul wapens teen die wittes moet keer nie? Dit is mos hoe rewolusie werk, nie waar nie? Enkele magtige agitators agter die skerms wat namens die “verdruktes” praat en dan uiteindelik hierdie golf van haat en sadisme in die naam van liefde en kameraadskap loslaat.

Diegene wat terugkyk na die gedagtes van die kommuniste in die sestigerjare sal verbaas wees om te sien hoedat Suid-Afrika presies daardie land geword het wat hulle wou hê. Dit is belangrik om te weet dat kommuniste en hul magtige handlangers baie geduld en tyd het, en rewolusies gewoonlik dekades vantevore al beplan het.

In die kwartaalblad African Communist uit 1963 (vol. 2 nr. 2, Jan-Mar) het die volgende paragraaf verskyn:
“In order to extend the gains of the revolution, particularly in the conditions of South Africa, the utmost vigilance must be exercised against those who would seek to organise counter-revolutionary plots, intrigues and sabotage, against all attempts to restore White colonialism and destroy democracy … a vigourous and vigilant dictatorship must be maintained by the people against the former dominating and exploiting classes. Towards this end the Party will propose the disbandment of the police and military forces maintained by white colonialism. A new people’s militia and people’s liberation army, composed of and led by trusted representatives of the people, must be created.”

Dit mag dus duidelik wees dat hierdie doel al eintlik bereik is. Die polisie en weermag mag dan weliswaar nie ontbind wees nie, maar is nou heeltemaal oorgeneem deur die skadurewolusionêre, wat in werklikheid nog veel beter is. Die Rooies se ideaal uit 1963 is met ander woorde in 2015 ruimskoots oortref. Daar het ook al berigte verskyn van huurlingkampe waar jong swartes “wat nie deel van die styd by MK kon wees nie” hul militêre opleiding kan volg, terwyl wittes met wapenbeheer gekonfronteer word.

Om te vergelyk met Noord-Korea is daar voortdurend kragonderbrekings, Suid-Koreaners wat in die Noorde vasgekeer was ten tye van die oorlog word nog steeds vervolg, daar is eindelose hongersnood en staatsensuur. So is daar ook in Suid-Afrika kragonderbrekings, wittes, ongeag hul politieke affiliasie word vermoor en skuldig aan die “misdaad van apartheid” geag, en sensuur vanuit Naspers en sy trawante is aan die orde van die dag. Wat hongersnood aanbetref het die rewolusionêr Lef Bronstein, alias Trotski destyds gesê dat daar geen voedselskaarste in die Sowjet-Unie is nie. Sodra moeders hul kinders begin opeet is daar eers sprake van hongersnood.

Met al die moetimoorde wonder ek of Suid-Afrika in ‘n staat van hongersnood sou verkeer volgens hom.

Die georganiseerde chaos neem in ontstellende tempo toe, en naas die wittes word president Zuma nou ook geteiken as rede hiervoor. Die kwetterende klas sit en kla eindeloos oor sy korrupsieskandale, Nkandla en ongeïnteresseerdheid in die welsyn van sy mense, salig onbewus dat dit presies in die groter prentjie van die rewolusie pas. Sodra hy uitgestem of uit die pad oop is, kan ‘n nuwe volbloedrewolusionêr soos Malema die roer oorneem en die klimaat nog verder laat oplaai.

Maar voordat dit so ver is, is die geweld in Suid-Afrika, die demoralisering, die verharding en gewetenloosheid die wapen wat gebruik word om die bevolking voor te berei vir hul ondergang. Kon enige lid van die publiek in die sewentiger en tagtiger jare gedink het dat hulle kinders eendag in ‘n land sou woon waar die president die bevolking ophits om hulle dood te maak? Vandag is dit so algemeen dat niemand ‘n woord meer daaroor rep nie. Selfs al bereik dit die internasionale pers is die reaksie lou of niksseggend, presies soos dit hoort, want die res van die wêreld is volgende om te val.

Dit was immers John D Rockefeller gewees wat gesê het dat hy ‘n wêreld van werkers wil hê, geen denkers nie. Op hierdie manier sal Marx se droom om die werkers van die wêreld om te verenig volvoer word, aangesien grootskalige nasionale vervreemding gaan veroorsaak dat mense nie meer kan dink nie, maar slegs arbeid kan verrig.

Die linkses se haat teen indiwidualisme gaan verder help om die denker te reduseer tot ‘n stem in die woestyn, en hierdie tendens sien ek al duidelik in die Nederlandse akademiese kringe. Laat staan nog die radikale aktiviste wat deesdae vanuit leerstoele preek, wat ‘n slim taktiek is om vrydenkers te intimideer en tot paria te verklaar.

In die groter prentjie van wêreldrewolusie, is Suid-Afrika nog heeltemaal op die regte pad. Die misdaad word weggesteek of ondervermeld deur die media, waarskynlik vir ‘n paar jaar nog, totdat die Weste volledig in die hande van die superskurke is. Wat die media daarna gaan uitvoer is nie belangrik nie, want dan is dit tog te laat om daar iets aan te doen. Die ondergang van die Weste as geheel verloop dus volgens plan. Die Weste het dalk op die slagveld teen kommunisme gewen, maar laasgenoemde is besig om ons volledig in ‘n skaakmat te lei en die oorlog te wen.

Tot tyd en wyl moet ons maar stompgeslaan word met geweld, gemors op tv, volksvervreemding en mediastilte, net soos Kameraad Bram dit wou.

Want ai! Verrig die media tog nie uitstekende werk nie?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.