Günter Grass-boek daag eensydige siening van Duitse geskiedenis uit

Günter Grass, Duitsland se bekendste en mees geliefde skrywer, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 1999
Günter Grass, Duitsland se bekendste en mees geliefde skrywer, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 1999

Een van die moeilikste dinge vir enige romanskrywer om reg te kry, is juis om te praat oor dinge waaroor ‘n mens nie mág praat nie. Dinge wat nie polities korrek is nie en wat dalk tot uitroepe of beskuldigings van “regsheid”, “Nazisme” en, les bes, “rassisme” mag lei.

Só ‘n voorbeeld vir elke Afrikaner is Kreeftegang deur die Duitse Nobelpryswenner Günter Grass. Toe dit vroeg in die nuwe millennium in Duitsland verskyn, het dit oornag ‘n blitsverkoper geword en is die taboe-onderwerp van die Duitse lyding aan die einde van die tweede wêreldoorlog vir die eerste keer in die openbaar bespreek.

Met die grasie en waagmoed van ‘n groot skrywer het Grass ‘n taboe verbreek en heelwat daartoe bygedra om sy 80 miljoen landgenote van hul skuldige omgang met die verlede te bevry.

Soos elke PRAAG-vertaling van Europese boeke, is dit ‘n verruiming van ons kultuur wat self uit Noord-Europa stam en daarom ‘n kleinood om te besit.

Lees meer oor die boek op ons produkblad hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.