Onverwerkte riool spoel in Vaalrivier

Deel op

Die Matlosana-munisipaliteit by Stilfontein is glo besig om die Vaalrivier te besoedel met onverwerkte riool.

Die rioolstelsel in Stilfontein is gebrekkig, of werk glad nie, en onverwerkte riool spoel in die Koekemoerspruit in wat direk in die Vaalrivier vloei.

‘n Klag is glo reeds by die Groen Skerpioene gelê.

Die ANC-beheerde munisipaliteit se verantwoordelikheid om skaars waterbronne te beskerm, moet ‘n prioriteit wees het opposisiepartye gesê.

Daar bestaan tans ‘n gesondheidsrisiko vir gebruikers van Vaalrivierwater.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.