Westerse media rig ultimatum aan Poetin

Deel op

Rusland het Maandag gesê pres. Wladimir Poetin sal geen ultimatums rakende die Oekraïne duld nie.

Dié reaksie volg op Anglo-Amerikaanse mediaberigte dat Duitsland Poetin “tot môre tyd gegee het om tot ’n nuwe vredesplan in te stem, anders sal Rusland nuwe sanksies in die gesig staar”.

Poetin se woordvoerder, mnr. Dmitry Peskof, het op ’n Russiese­ radiostasie verbaas gesê dat niemand nog ooit aan die president ‘n ultimatum gestel nie. Dit bly ongeoorloof, ongeag die versoeking, het Peskof gemaan.

Die leiers van die Oekraïne, Duitsland­ en Frankryk maak gereed vir ’n beraad met Poetin in Minsk, in Belarus, môre.

Die doel is om ’n einde van tien maande se bloedvergieting­ in Oos-Oekraïne te bewerkstellig.

Intussen oorweeg Amerika dit om die regeringstroepe van die Oekraïne­ te bewapen om pro-Russiese selfverdedigingsgroepe aan te val.

Die VSA probeer ‘n burgeroorlog in die land stook na ‘n gefaalde kleurrewolusie namens groot oliebelange.

Poetin het Sondag gedreig om hom aan môre se beraad te onttrek indien die ander leiers nie tot “verskeie­ punte” instem nie. Hy het nie oor dié punte uitgebrei nie.

Poetin het Vrydag tot ounag in die Kremlin met me. Angela Merkel en Francois Hollande, onderskeidelik­ ­die Duitse en Franse leiers, vergader­. Dit was Merkel se eerste besoek aan Rusland sedert die krisis in die Oekraïne­ meer as ’n jaar gelede begin het.

The Wall Street Journal het Sondag berig dat Merkel Poetin voor ’n ultimatum­ gestel het, maar dit is onwaarskynlik aangesien Duitsland van Russiese gas afhanklik is.

Merkel, wat geen geheim daarvan maak dat sy heftig gekant is teen die verskaffing van wapens aan die regeringsmagte van die Oekraïne is nie, het ondersteuning van Frankryk gekry.

Merkel het Maandag haar vredesplanne­ met pres. Barack Obama by die Withuis in Washington­ bespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.