Haïti weer in opstand oor brandstofpryse

Deel op

Oproeriges wat teen die regering van Haïti gekant­ ­is, het Maandag begin om die hoofstad lam te lê.

Die beplande­ tweedag-staking is uit protes teen stygende­ brandstofpryse­ en kom midde ’n toenemende­ ­ekonomiese­ en politieke krisis in die land.

Protesorganiseerders­ het inwoners gewaarsku om tuis te bly en gesê diegene wat dit op straat waag, speel met hul lewens.

Verskeie mense is beseer toe die polisie padblokkades wou afbreek in die hoofstad, Port-au-Prince.

Die eilandbevolking van die oudste swart republiek is in opstand teen pres. Michel Martelly omdat verkiesings uitgestel word.

Petrol- en dieselpryse is onlangs deur die regering verminder, maar oproeriges wil ‘n 50% korting hê, wat glo die daling in internasionale oliepryse van die afgelope ses maande weerspieël.

Meer as 80% van die bevolking leef in totale armoede en die eiland is ‘n belangrike transitoroete vir dwelms na die VSA. Volgens die State Department beweeg byna 10% van alle kokaïene na Amerika deur Haïti.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.