Die vier geskorste leerlinge van ‘n Noord-Kaapse landbouskool wat van verkragting en aanranding aangekla word, moet tydens hul tugverhoor die geleentheid gegun word om hul saak aan die skoolbeheerliggaam te stel.
Provinsiale onderwyswoordvoerder, Sydney Stander, sê hulle verstaan die erns van die saak, maar die gemeenskap, wat daarop aandring dat die seuns permanent uit die skool gesit word, moet redelikheid aan die dag lê en die proses wat in plek is, ‘n billike kans gee.
Stander sê die tugverhoor behoort teen die einde van die week afgehandel te wees. Hulle verwag die beheerliggaam se volledige verslag volgende week.
Die vier seuns het tydens die beweerde voorval ‘n 18-jarige mede-leerder se hande en voete aan ‘n koshuisbed vasgemaak, hom geskeer en geverf en na bewering onsedelik aangerand.