Sweedse politieke assistent geskors omdat ‘hy graag ANC-aktiviste in SA sou wou skiet’

Deel op

‘Ek sou graag ‘n soldaat wou wees vir die apartheidsregering sodat ek teen swartes kon oorlog voer. Dit sou gaaf wees om ANC-guerillas te skiet’ – Joel Anker, Sweedse politieke navorser by EU-parlement

Deel op

Joel Anker, ‘n dertigjarige prokureur wat as assistent vir ‘n politikus van die Sweedse Demokrate by die Europese parlement werk, is uit die party geskors omdat hy onder andere op die internet sy steun vir apartheid uitgespreek het. Volgens ‘n berig in die linkse Sweedse koerant Aftonbladet het hy geskryf: “Ek sou graag ‘n soldaat wou wees vir die apartheidsregering sodat ek teen swartes kon oorlog voer. Dit sou gaaf wees om ANC-guerillas te skiet.”

Joel Anker, die navorser van die Sweedse Demokrate wat weens steun vir die destydse apartheidsregering en anti-Moslem-uitlatings geskors is.
Joel Anker, die navorser van die Sweedse Demokrate wat weens steun vir die destydse apartheidsregering en anti-Moslem-uitlatings geskors is.

Volgens die koerant het hy “rassistiese dinge oor Moslems, Jode en swartes op die webwerf Flashback geskryf”. Die koerant het insgelyks onthul dat Joakim Andersen van die Sweedse Groen Party rassistiese uitlatings op die Ubuntu-geselsforum gemaak het.

Joel Anker het tot voor sy skorsing as navorsingsassistent vir ‘n EU-parlementslid, Kristina Winberg, gewerk. Oor Moslems het Anker op die Flashback-webblad gesê: “Islam en sy mense is in die hel uitgevind en moet na die woestyn teruggedryf word, met wapens as dit nodig is.”

Die navorsingsassistent van die Sweedse Demokrate het verder skerp kritiek gelewer teen ‘n Joodse krimonologieprofessor in Stockholm, wat hy as ‘n “Judas” getipeer het.

Hoewel Anker sy uitlatings onder ‘n skuilnaam gemaak het, het Aftonbladet sy identiteit vasgestel en die party daarmee gekonfronteer, waarna hy geskors is.

“Daar was geen ander uitweg nie. Ons kan nie ‘n persoon wat sulke dinge skryf in ons party duld nie,” sê die EU-politikus Kristina Winberg.

Joakim Andersen van die Groen Party het in koerantberigte beweer dat immigrante in Swede welkom behoort te voel. Maar toe hy anoniem op die Ubuntu-geselsforum skryf, het hy presies die teenoorgestelde gesê en was “verheug” om te hoor dat ‘n immigrant vermoor is.

Swede ondervind al hoe meer probleme met geweldsmisdaad wat deur immigrante gepleeg word, maar die Sweedse Demokrate is die enigste party wat immigrasie wil beperk terwyl die hoofstroompartye dit aanmoedig. Enigeen wat “vir homself werk” kan in Swede gaan woon en ten minste ‘n eenjaarvisum verkry. Swede neem ook jaarliks ‘n hoë aantal politieke vlugtelinge uit die Midde-Ooste in, die meeste van enige EU-land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.