Grondwethof genader oor partybefondsing

Deel op

Die Grondwethof sal vanoggend betoë aanhoor in ‘n aansoek om toegang te kry tot inligting oor die privaat befondsing van politieke partye.

Die saak is deur die nie-winsgewende veldtog My Vote Counts ingedien, het RSG berig.

Hulle wil hê die hof moet die Parlement opdrag gee om wetgewing in te stel wat toegang tot sulke inligting kan beheer.

Die Parlement is gekant teen die aansoek, en voer aan dat die inligting nie belangrik is nie.

‘n Koordineerder van My Vote Counts, Gregory Solick, sè die Grondwethof is die enigste forum vir die geskil.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.