Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand

Deel op

Skermutselinge tussen onwettige myners, het die Oos-Rand nege ure lank in paniek gehad.

Gevegte tussen twee groepe strydende onwettige mynwerkers het veroorsaak dat gesinne onder hul beddens en binne kaste moes wegkruip vir gewapende mans wat mekaar agtervolg het en by hul eiendomme ingebars het.

New Modder, buite Benoni, is Sondag omskep in ‘n oorlogsone toe die twee bendes mekaar onder tuisgemaakte bomme en masjiengeweervuur gesteek het, het Timeslive berig.

Die stryd volg op die moord van vier onwettige myners buite Benoni Donderdag wat tot ‘n gebiedsoorlog gelei het.

Vrese groei dat ‘n dodelike onwettige myneroorlog, wat tot nou toe hoofsaaklik aan die Wes-Rand gewoed het, na die Oos-Rand uitgebrei het weens intense polisie bedrywighede in die gebied.

Ten spyte van getuienis wat daarop dui dat toestande merkbaar agteruitgegaan het, het die polisie gesê “niks buitengewoons in die gebied het op Sondagnag plaasgevind nie”.

‘n New Modder-huiseienaar Shabeer Shaik het gesê hy, soos sy bure, het sy gesin onder die bed weggesteek.

“Mense hardloop verby my huis en skiet. Hulle spring oor mure en jaag mekaar.

“Jy kon hulle hoor bomme gooi na mekaar. Dit was asof ons in die Midde-Ooste was.

“Die polisie kan nie byhou nie. Hulle is oorweldig. Die weermag is nodig,” het hy gesê.

‘n Ander inwoner het gesê: “Jy kon masjiengeweervuur hoor. Dit het tot 04:00 aangehou. Die ontploffings het die huis geskud. Ons het nie iewers om heen te gaan nie. Ons het gedink ons gaan doodgemaak word…..”

‘n Sekuriteitswag by ‘n nabygeleë uitgrawingsterrein, het gesê hy het gedink die wêreld het tot ‘n einde gekom.

“Ek het nog nooit so baie lyke gesien soos in die afgelope twee weke nie. Elke dag is daar ‘n skietery. Elke dag sterf mense. Dit is nie veilig nie. As jy uitgaan in die nag is jy dood,” het hy gesê.

Hy het gesê die onwettige mynwerkers het “soldate” om hul goud te beskerm en hou ander mynwerkers weg.

“Hulle het weermagte wat swaar gewapen is,” het Masuku gesê.

‘n Onwettige Zimbabwiese mynwerker het die groot aantal moorde bevestig. “Dit is hoofsaaklik Basotho’s wat veg en mekaar beroof.

Kolonel Martin van Niewenhuizen, waarnemende kommissaris vir Benoni het die stellings afgemaak as gerugte.

“Geen skietery van enige aard is aangemeld nie. Ons was in die gebied vandag [Maandag] en geen koeëldoppe is gevind nie.

“Hierdie bewerings kom uit die gemeenskap As jy inligting wil hê, moet jy hulle vra..”

Die myn se bestuurder, David Viljoen, het gesê wetlike bedrywighede word nie geraak deur onwettige mynbou of die oënskynlike voorvalle nie.

Generaal-majoor Oswald Reddy, bevelvoerder van die SAPD Honeydew-groep, het gesê die onrus in Benoni het te doen met groter druk wat die polisie op onwettige mynwerkers aan die Wes-Rand geplaas het.

“Dit was as gevolg van intense bedrywighede aan die Wes-Rand, dat hulle hul fokus verskuif het,” het Reddy gesê.

Reddy het gesê onwettige mynwerkers is doenig in Gauteng se hoofgoudrif, wat strek van Springs tot Carletonville.

Die Kamer van Mynwese skat dat tot 10% van Suid-Afrika se totale goudproduksie – wat in 2013 R72 miljard beloop het – van onwettige mynbou kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.