Hittegolf duur voort

Deel op

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat die hittegolf oor Gauteng en Noordwes tot more kan voortduur.

Die westelike dele van Noordwes, soos Vryburg, Bloemhof en Klerksdorp sal veral geraak word en in sekere gebiede sal die kwik nie tot onder 35 grade celsius daal nie.

Die warm weer word veroorsaak deur hoogdrukstelsels in die hoër vlakke.

“Ons neem die gemiddelde van die warmste maand en voeg vyf grade daarby. As jy daardie toestand vir drie dae aanhoudend het, is dit wanneer jy ‘n hittegolf het.”

Temperature in Noordwes sal na verwagting so hoog as 36°C styg teen Woensdag.

‘n Waarskuwing is voor die naweek uitgereik van hittegolf-toestande in die noordelike en sentrale dele van die land.

Mense, en veral bejaardes en jong kinders, word aangeraai om genoeg vloeistof te drink en nie proteïnryke voedsel te eet nie omdat dit metaboliese hitte kan verhoog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.