Europa gaan rassepolitiek tegemoet

Deel op

ImageDie demografiese druk op Europa manifesteer in interessante politieke ontwikkelinge, soms selfs verbasend. Een só 'n onlangse berig handel oor die leier van Portugal se Hammerskingroep. Dié Amerikaanse wit suprematiste uit Texas, wat hulle naam te danke het aan Pink Floyd se Wall, is in lande soos Kanada, Engeland, Frankryk, Italië, Duitsland, Nederland, Hongarye, Spanje, Nieu-Seeland en Australië teenwoordig.

Deel op

Wat Portugal betref, is Hammerskinleier Mario Machado, Vrydag tot 4 jaar en 10 maande gevangenisstraf gevonnis op aanklagte van diskriminasie, onwettige wapenbesit, dreigemente en geweld. Ses ander lede moet ook tronkstraf uitdien en 17 is opgeskorte vonnisse opgelê, 7 beboet en 5 vrygespreek. Die groep het die lewe vir Afrikane en donker Portugese glo onaangenaam gemaak met rassistiese pamflette en dreigemente van geweld.

Merkwaardig, dié brokkie nuus, aangesien die Portugese oor die algemeen hoegenaamd nie rasbewus is nie. Die owerhede het kennelik besluit om 'n voorbeeld te maak van burgers wat met rassevoorkeur optree. In die breë is dieselfe woelinge oral in Europa sigbaar.
 
Frankryk en Spanje poog om Afrikane reeds in Afrika te ontmoedig om die seereis  na groener weivelde aan te pak deur die Afrikalande van hulp te voorsien om hulle burgers binne te hou. Deur middel van Frontex se samewerking het die aantal onwettige aankomelinge deur die suid-westelike grense na die EU gestabiliseer, maar die gevaar van instroming is nie verby nie en die politieke wil ter versterking van effektiewe grensbeheer in dié twee lande bly onwrikbaar.
 

Le Monde het Saterdag berig dat Frankryk hulle doelwit van 26 000 deportasies oortref het. In die eerste helfte van 2008 is 17 200 onwettige immigrante uitgesit. Die ministerie wat daarmee gemoeid is, sê dit kos 2 200 euro per geval en hulle het 42 miljoen euro vir 2009 opsy gesit.

 
Na buite probeer Frankryk, soos Spanje, hulle ou koloniale magsbasisse tevrede hou, maar in die praktyk lyk dinge anders. In België is dit slegs die cordon sanitaire, die verbod op ander partye om met die grootste party, Vlaams Belang, in koalisie te tree, wat die gewilde anti-immigrasieparty uit die regering hou.
 
In Oostenryk het die regse populiste Haider en Strache verlede week skitterend gevaar in die algemene verkiesing en hierdie week het Griekse owerhede laat blyk dat die suid-oostelike flank van die EU hoogs deurdringbaar geraak het. Athene se stadskern is onder beleg. Die stad word beleër deur Afrikane wat niks en niemand ontsien in dwelmskermutselinge nie en 'n wit uitvlug na veiliger buurte is besig om die stadige dood van die stad te verseker. En Griekeland se linkse politici stem hierdie keer saam.
Die opkomende regse alliansie in Oostenryk se slagspreuke was kinderlik in hul eenvoud: "Ons het die reg om te besluit wie in Oostenryk mag woon". Helaas nee, want in 1999 het die EU sanksies teen Oostenryk oorweeg nadat Jörg Haider in 'n koalisieregering getree het.

In dieselfde week het die omstrede Nederlandse politikus Geert Wilders die einde van Europa en die Weste in 'n toespraak by die Hudsoninstituut in New York aangekondig. Wilders het 'n oproep om weerstand teen Islamisering gedoen. Weliswaar bestaan die bedreiging vir hom nie in vermenging nie, maar in die feit dat die Moslems nie daarin belangstel om te vermeng nie.

Die gevolgtrekking wat Wilders maak bly egter dieselfde as die wit suprematiste s'n. Die meeste regse anti-immigrasiegroepe in die EU word ondersteun deur 'n rasbewuste komponent. Of Moslems nou hul weersin in vermenging te kenne gee of nie, hulle moet uitgedryf word.

Tot onlangs kon of wou ander Westerlinge nie begryp waarom Afrikaners teen demografiese verswelging weerstand gebied het nie, maar hulle ervaar nou die skok van andersheid aan eie bas. Vrome vermanings oor naasteliefde en begrip vir andersheid, hetsy kultureel hetsy biologies, is besig om op dowe ore te val. Etniese mededinging op Westerse grondgebied gaan verhewig soos wit demografiese afgang versnel en vir die beleërde wit bevolkings vervaag die verskil tussen etno-kulturele en biologiese definisies van andersheid.

комплектующие для инструментальныхФильчаков прокуратура харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.