Paniek oor Eskom: binnekort dalk geen krag en water, maar wel onluste, plundery

Deel op

Soos wat meer en meer nuus oor Eskom uitlek, kom dit voor asof jare se wanbestuur deur hoogs besoldigde “uitvoerende beamptes” uiteindelik hul tol begin eis. Die koerant Business Day berig vandag dat die elektrisiteitsreus Donderdag “ten minste 10 000 Mw van sy vermoë verloor het”, die ergste sedert die kragonderbrekings in 2008. Hierdie toestand gaan ten minste vir die volgende twee tot drie jaar duur.

Volgens Eskom het daar Donderdag 10 424 Mw (een kwart van die land se totale elektriese vermoë) se opwekkeningseenhede “onverwags onklaar geraak”, wat die maatskappy naarstiglik laat soek het na maniere om ‘n totale ineenstorting van die netwerk te keer. ‘n Verdere 5 000 Mw se vermoë was boonop onbeskikbaar vanweë beplande instandhouding.

Ingenieurs en afgetrede ingenieurs wat buite die stelsel verkeer en dus meer vrylik kan praat, is bekommerd dat ‘n totale ineenstorting van die kragnetwerk nie meer ver is nie. Dit kan tussen 2 weke en 2 maande neem vir die netwerk om weer aan die gang te kom soos wat kragsentrales weer aangeskakel moet word, wat miljoene mense binne ure sonder krag, water, kommunikasie en veral veiligheid kan laat.

Die Amerikaanse ervaring in New Orleans na afloop van die Katrina-orkaan het getoon dat veral die swart bevolking dit as ‘n geleentheid om te roof, te plunder en te verkrag gesien het. Terwyl die hoofstroommedia in die VSA dié aspek van die ramp in Augustus 2005 geïgnoreer het, het konserwatiewe webblaaie in die VSA gewemel van eerstehandse berigte van die chaos wat gevolg het toe daar nie meer krag of water was nie.

‘n Ingenieur van Pretoria, mnr. Alex Bell, het gepoog om uit te vind of die Pretoriase munisipaliteit oor enige gebeurlikheidsplanne beskik om seker te maak dat inwoners ten minste water sou hê indien Eskom se kragnetwerk ineenstort. Hy skryf in ‘n epos dat mense hul eie voorsorgmaatreëls moet tref aangesien die Suid-Afrikaanse “owerheid” nóg besorg oor die krisis is nóg oor enige voorsorgmaatreëls beskik:

Ek woon in ‘n sekuriteitsoord met ongeveer 250 wooneenhede. Dit kan na my mening onverantwoordelik wees om NIKS te doen nie, maar elkeen moet sy eie plan beraam.

INDIEN die Eskom-NETWERK VAL – ineenstort, soos totaal, gaan dit ten minste enigiets van 2 weke tot 2 maande neem om dit weer aan te kry.
MAAR waar lê die grootste risiko? Dit is nie die feit dat ons nie gaan krag hê nie, daarvoor kan ons ‘n plan maak soos gas of iets, MAAR WAT MAAK ONS INDIEN DAAR NIE WATER IS NIE !!!!

Daar is geen bron van waar drinkwater aangery kan word nie – moontlik rou water vanaf nabygeleë damme. Die kettingwinkels sal net vir ‘n dag of twee water hê en die reservoirs wat in die Randwater- en byvoorbeeld munisipale verspreidingsnetwerke is sal maksimum vir ongeveer 48 uur water kan voorsien. En daarna ??? In ‘n stad soos Pretoria of Johannesburg sal dit afhanklik wees van waar die water voorsien word, maar nog steeds sal die munisipale pompstasies asook dié se Randwater-inlynpompstasies NIE water kan pomp sonder krag nie !!!!

Ek het met “bekwame persone” van byvoorbeeld Pretoria-munisipaliteit gesels en dié sê dat Pretoria geen bystandsgenerators het wat aangeskakel kan word vir dié doel nie.

Só het ek ook gesels met bekwame persone van Randwater, en dié sê hulle het by verre nie genoeg / voldoende / net enkele bystandskragopwekkers wat gebruik kan word, sou daar ‘n krisis ontstaan.

Ek dink dié boodskap moet uitgaan sodat ons mense NIE KAN SÊ HULLE IS NIE BETYDS GEWAARSKU NIE !!!

Die noodsaaklike behoefte aan water sal in die orde van sê 4 000 liter (4 kubieke meter) per persoon per maand wees. Bronne wat gebruik kan word is byvoorbeeld: boorgate, swembaddens en watertenks.

Indien mense twyfel oor die moontlikhede dat die Eskomnetwerk kan faal, skakel en gesels met verantwoordelike persone oor die stand van onderhoud wat by Eskom ondervind word.

Ongeag die vooruitsig van ‘n volslae krisis en moontlike chaos wat daarop kan volg, rig Eskom reeds enorme skade aan die ekonomie aan. ‘n Energiekundige wat gereeld selfs in die hoofstroommedia aangehaal word, Chris Yelland, het vanoggend soos volg getwiet oor ‘n verdere “menslike fout” by die Koebergkragstasie:

Benewens water, behoort mense ook droë kos soos rys wat min water verg om gaar te maak, byderhand te hou, tesame met genoeg gas, kerse en brandstof in voertuie aangesien die pompe by vulstasies ook nie mag funksioneer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.