Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne

Deel op

Die leier van Frankryk se opkomende Front National (FN), Marine Le Pen, het Brussel daarvan beskuldig dat hulle “Amerikaanse lakeie” is wat die EU-beleid in die Oekraïne betref.

Sy het Washington voorts beskuldig dat hulle probeer om ‘n “oorlog in Europa” te ontketen en met NAVO uit te brei tot teenaan Rusland se grense.

“Europese hoofstede het nie die wysheid om te weier om afhanklik te wees van Amerikaanse posisies oor die Oekraïne nie,” het Le Pen Sondag aan Franse joernaliste gesê.

“Wat die Oekraïne aanbetref, het ons onself gedra soos Amerikaanse lakeie,” het sy gesê, voordat sy gewaarsku het dat “die doel van die Amerikaners is om ‘n oorlog in Europa te begin deur NAVO na die Russiese grens uit te brei.”

Sy het die Europese leiers beskuldig dat hulle hulself blind hou vir die Oekraïense regering wat burgerlikes bombardeer en bygevoeg dat beide die Krim sowel as die Oos-Oekraïne onafhanklik behoort te word.

In Junie, het sy insgelyks aan RT se Sophie Shevardnadze gesê dat daar “geen onafhanklike state in Europa is nie,” en baie van hul buitelandse beleidsfoute in die afgelope tyd is gemaak “onder Washington se invloed”.

Haar woorde eggo verklarings deur die voormalige Franse premier Francois Fillon, wat dié naweek aan die openbare uitsaaier France 5 herhaal het dat die Verenigde State van Amerika ‘n poging aanwend “om ‘n oorlog in Europa te ontketen, wat sal eindig in ramp”. Hy het bygevoeg dat sodra ‘n oorlog uitgebreek het, die VSA boonop sal probeer om homself te distansieer daarvan.

“Die Amerikaners het een fout na die ander gemaak en vandag is hulle eenvoudig gediskrediteer,” het Fillon gesê.

“Om Rusland te verneder is eenvoudig onaanvaarbaar.”

Saterdag, het die voormalige Franse president Nicolas Sarkozy gesê dat Europa deel is van “‘n gemeenskaplike beskawing met Rusland,” en dat dit daarom nodig is om konflik op die vasteland te vermy.

“Die belange van die Amerikaners en die Russe is nie die belange van Europa en Rusland nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat die herlewing van ‘n Koue Oorlog tussen Europa en Rusland ongewens is.

Intussen het gerugte die rondte gedoen dat ‘n kernontploffing Donetsk in Oos-Oekraïene geruk het waar hewige gevegte steeds voortduur tussen selfverdedigingsgroepe en die junta in Kiëf wat deur die VSA bewapen word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.