Beurtkrag waarskynlik met sukkelende Eskom

Deel op

Die geskeduleerde instandhoudingswerk by Eenheid 1van die Koeberg Kernkragsentrale naby Kaapstad begin Maandag en sal na verwagting tot einde Mei duur.

Eenheid 1 het weens ‘n onverwagse tegniese fout aan die einde van Januarie onklaar geraak.

“Die stelsel sal hierdie week ook onder druk bly, dus bly die risiko vir beurtkrag hoog,” het Eskom gesê. “Daar is ‘n tekort aan opwekkingskrag weens eenhede wat tans weens beplande en onbeplande instandhouding nie krag aan die netwerk kan voorsien nie.”

Eskom het intussen gewaarsku dat die kragnetwerk steeds onder groot druk verkeer.

“Eenheid 1 by Koeberg word vanaf Maandag afgeskakel vir ʼn geskeduleerde inspeksie en instandhouding. Die eenheid sal na verwagting teen die einde van Mei weer beskikbaar wees,” het Eskom bygevoeg.

Fase Twee-beurtkrag is die naweek toegepas, wat die sesde agtereenvolgende dag van landwye beurtkrag was.

Eskom sê hy het die naweek gefokus op sy dieselreserwes en die watervlakke van damme vir die komende week se kragopwekking.

Die fokus is om die eenhede, wat onvoorsiend van die netwerk afgehaal moes word, so gou as moontlik weer aan die gang te kry.

Die maatskappy het Suid-Afrikaners gemaan om steeds elektrisiteitsbesteding in te kort om die erns van beurtkrag te beperk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.