Die groot Noordwes-transformasieskandaal

Deel op

"Die rasse-ideologie van transformasie het die departement verhoed om blanke landboukundiges aan te stel. In een van die mees skandalige en verregaande vergrype waaraan die regime se getransformeerde staatsdiens homself tot nog toe skuldig gemaak het, is "landboukundiges" uit Afrikalande noord van ons grense aangestel, wat nie eens Engels of Setswana behoorlik magtig was nie."

Deel op

Luidens berigte in die media is die opposisiepartye in die Noordwes-provinsie se provinsiale wetgewer ontsteld oor die Departement van Landbou aldaar. Die Departement van Landbou in die Noordwes-provinsiale regering is naamlik gans en al wanfunksioneel. Verskeie lede van die departement word krimineel ondersoek. Die vorige twee departementshoofde is afgedank. Die laaste een het egter ‘n hooggeregshofbevel gekry wat die departement gedwing het om haar weer aan te stel.

Jaar na jaar word die departement se begroting nie bestee nie, uitgesonderd natuurlik die gedeelte wat vir salarisse moet gaan. Nadat die departement onlangs die druk begin voel het, was daar aan die einde van elke finansiële jaar ‘n geskarrel om die begroting wel te spandeer, maar dit geskied sonder enige doel of beplanning. Ironies genoeg is een van die departement se pligte om die voordeeltrekkers uit grondeise by te staan, maar slegs ‘n onbeduidende breukdeel van die begroting hiervoor bereik ooit die grondeisers.

In die provinsiale wetgewer word die departementshoof en LUR vir landbou deur alle partye, insluitend die ANC, gestriem, maar wanneer dit kom by die goedkeuring van die departementele begroting, is die ANC op hul kenmerkende tropmanier eendragtig in hul steun daarvoor.

Bostaande is sekerlik ‘n verhaal wat dwarsoor die land herhaal word, en derhalwe nie heeltemal nuuswaardig vir die meeste van ons nie. Wat dit egter nuuswaardig maak, is die rede waarom dit gebeur het. Vóór die skandaal op die lappe gekom het, het die Noordwes-regering gespog daarmee dat die Departement van Landbou hul mees getransformeerde departement was. Daar was kwalik ‘n blanke gesig iewers te sien, en die ANC se rasse-ideoloë was in hul skik.

Die terme Afrikaner en Boer is nie verniet amper sinonieme nie – Afrikaners is tradisioneel bekend vir hul kennis van die landbou en bande met die grond. Mens sou dus redelikerwys kon verwag dat, toe die krisis die departement tref, daar ‘n ryke bron van blanke of Afrikaner-landboukundigheid in die Noordwes-provinsie beskikbaar sou wees om die departement te hulp te snel. Redelikheid is egter nie ‘n term wat mens sonder meer op die transformasiewaansin wat tans in Suid-Afrika heers, van toepassing kan maak nie.

Die rasse-ideologie van transformasie het die departement verhoed om blanke landboukundiges aan te stel. In een van die mees skandalige en verregaande vergrype waaraan die regime se getransformeerde staatsdiens homself tot nog toe skuldig gemaak het, is "landboukundiges" uit Afrikalande noord van ons grense aangestel, wat nie eens Engels of Setswana behoorlik magtig was nie. Laasgenoemde het uiters voorspelbare resultate gehad, en die krisis in die departement kan onder andere hieraan toegeskryf word. Hoe kan ‘n departement funksioneer as sy amptenare nie na behore met mekaar kan kommunikeer nie?

Dit word toenemend duidelik dat die etniese reiniging van blankes skrikwekkende afmetings aanneem. Soos ‘n geel ster in Nazi-Duitsland, verteenwoordig ‘n blanke vel in die getransformeerde Suid-Afrika ‘n professionele doodskus. Dit is skynbaar vir die huidige regime verkieslik om eerder ‘n persoon aan te stel wat nóg die vereiste kundigheid, nóg burgerskap, nóg die vermoë het om die taal te praat, net solank daardie persoon nie ‘n Suid-Afrikaanse blanke is nie.

{mos_mb_discuss:13}

печи вФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.